top of page

HPR ATLETIEK NUUS


Om vyf dae van jou vakansie op te offer en eksamen te skryf is nie iets wat altyd met ‘n blymoedige hart gedoen word nie!

Tog het sewe van Hoërskool Piet Retief se onderwysers dit hierdie vakansie vrywillig gedoen toe hulle die Atletiek Suid-Afrika en Fast Feet afrigtingskursus bygewoon het.

Die kursus is deur top afrigters uit die Suid-Afrikaanse atletiekkringe aangebied en was baie insiggewend. Die praktiese sessies het gesorg vir baie pret aangesien die afrigters aktief betrokke moes wees. ‘n Paar van die ouer garde het verbaas met hulle tegnieke en soepelheid ten spyte van die ouderdom!

Almal het die eksamens suksesvol afgelê wat beteken dat ons skool nou spog met ASA Vlak 1 afrigters in die volgende items:

  • Mnre Pieter de Waal en Albert Schlebush : Worpe

  • Me Lizelle van der Westhuizen : Spronge

  • Me Annie du Plessis en El-ri Schlebush: Naelope en aflos

  • Mnr J Malan en Me Carol Carr: Middelafstande

Me Laura Viviers het reeds haar ASA Vlak 1 in afrigting verwerf, dus kan Hoërskool Piet Retief nou spog met ‘n totaal van 8 ASA Vlak 1 afrigters!

Die afrigters kan nie wag om al die nuwe kennis en tegnieke met die atlete te deel nie, en ons hoop dat dit ‘n positiewe invloed op ons atletiek vir 2017 sal hê.

Mieke van der Walt, ‘n graad 9 leerder van ons skool, het die kliniek deel van die kursus bygewoon en kon baat vind by professionele afrigting en praktiese sessies.

‘n Hartlike geluk aan Mieke wat ‘n goue medalje, en aan Stefan de Beer wat ‘n silwer medalje tydens ‘n elite byeenkoms ook op Nelspruit verower het. Julle maak ons trots!

Ons eerste byeenkoms vind reeds hierdie jaar op Saterdag, 29 Oktober plaas wanneer ons atlete aan die Triple J Atletiekbyeenkoms op Nelspruit teen 23 groot skole gaan deelneem.

bottom of page