top of page

Hou bene, hou.......

Hou bene, hou.......

Om in Matriek te wees is toe nou nie "all work and play" nie.

Op die 20ste Januarie breek die jaarlikse, lang verwagte fietstoer aan en natuurlik word hierdie dag spesiaal aan die matrieks opgedra. Met ons nuwe 'Panda-dab" hemde vertrek 'n paar honderd Matrieks vanaf die skool. Ywerig en vol opwinding ......

Almal het per bus tot by die Bothashoop afdraai gery. Die ywerige fietsryers het hier afgeklim en die 10 km tot by die eindpunt aangepak. Daar was darem 'n waterpunt om die longe en bene 'n ruskans te gee. Die stappers is 'n ent verder op die pad afgelaai en het 'n 5km per voet aangedurf.

Waarheen wonder u seker?

Die wonderlike, hoogswaardeerde plaasdam van oom Schalk Stapelberg is elke jaar die eindbestemming van hierdie uitmergelende Matriek tradiesie. Daar is ons verras met heerlike groot stukke waatlemoen, worsbroodjies en 'n yskoue koeldrank. Helaas, kos was die laaste ding waaraan die Matrieks gedink het nadat hulle die dam gesien het. Die heerlike koel lafenis was 'n groot uitkoms om van die hitte ontslae te raak, ons het lekker geswem en in die dam baljaar.

Die terugtog was 'n keuse van terugry met die bus of terugry met 'n fiets. Die beroemde spreekwoord' 'magies vol, ogies toe' het meeste Matrieks die veiliger opsie van busry laat neem. die groep Matrieks wat die 22km huistoe per fiets aangedurf het, was groter as ander jare se dapperes.

'n Groot dankie aan al die ouers wat gehelp het om die Matrieks deur hierdie middag te dra met sappige worsbroodjies, koue water en lekkers langs die pad. Die grootste dankie aan die onderwysers, veral Mnr Du Toit, wat hierdie dag beplan het om glad te verloop.

Matrieks 2018, julle kan verseker begin uitsien na julle fietst

bottom of page