top of page

HPR vs EHS

RUGBY

1ste Rugby

Die 1ste-span het die afgelope naweek hulle Mpumalanga-liga afgeskop met ‘n indrukwekkende sege oor Hoërskool Ermelo. Die dag was ‘n besonderse dag in die lig dat Hoërskool Piet Retief se rugby koning gekraai het deur nie een wedstryd te verloor nie. Die 1ste-span het geweet dit gaan ‘n klipharde wedstryd wees aangesien ‘n sege oor Ermelo sou beteken het dat dit die derde agtereenvolgende jaar is wat Piet Retief se eerstespan as oorwinnaar uit die stryd tree.

‘n Stampvol pawiljoen het gesorg dat die seuns vanaf die afskop mekaar goed vasvat met klipharde duikslae en stormlopies. Die eerste punte is aangeteken deur Alexander Smith wat deur Ermelo se verdediging gebreuk het en ‘n spog drie onder die pale gedruk het. Alwande Sangweni het die drie verdoel en die telling 7-0 in Hoërskool Piet Retief se guns geplaas. Die halftyd telling was 7-6 in Hoërskool Piet Retief se guns.

Die tweede helfte het albei spanne hard tou getrek om die oorhand te kry maar geen drieë is verder aangeteken deur enige span nie. Alwande Sangweni het wel nog twee strafskoppe by Hoërskool Piet Retief se telling gevoeg en die eindtelling was 13-9 in Piet Retief se guns. Spelers van die wedstryd was Alexander Smith by die voorspelers en Dylan Baldwin by die agterspelers. Die eerskommende naweek speel Hoërskool Piet Retief op Hoërskool Standerton se velde in die tweede rondte van die Mpumalanga Grootskole Liga. Wedstryde begin reeds om 08:30.

0/16 A en B

0/16B

Die B span speel uitstekende rugby en lyk na ‘n baie belowende span. Ons oorheers die wedstryd en kon nog punte aangeteken het as die bal net meer kere wyd gegaan het.

Ons wen met 41 – 5.

Punte:

Driëe: Alexander (2) en 1 elk deur Fumani, Sbu, Cebo en Thomas

Skoppe: LJ slaag met 4 doelskoppe en I strafskop

0/16A

Die A span speel in een van die spannendste westryde van die dag. Ons voorspelers is weer kookwater en skrum Ermelo stukkend. Ons loop halftyd agter 6 – 10 maar kom mooi terug en loop nog 16 – 13 voor met minute oor maar staan ongelukkig ‘n strafskop af en Ermelo se losskakel sit ‘n skop van 45m oor om die telling op 16 – 16 te eindig.

Punte:

Chester druk die enigste drie en Arrie slaag met ‘n doelskop n 3 strafskoppe

O\15A Rugby

As jy gewoond daaraan is dat jou span gewoonlik vroeg in n wedstryd voorloop is dit

uiters senutergend wanneer die punte net nie wil kom nie.

Dit was Saterdag die geval in die onder 15 rugby wedstryd teen Ermelo. Met drie minute voor die halftyd fluitjie blaas staan die telling op 3 elk. Geluk was aan ons kant nadat die Errie manne vier keer pale toe aangelê het en net een keer suksesvol kon slaag.

Hierdie was n harde bene kou wedstryd soos lanklaas gespeel deur die wille honne. Net as bewys dat ons manne alles wat hulle het op die spel plaas word twee van ons ster spelers van die veld afgedra weens beserings teen hul oorgroot oponente, maar die honde gaan lê nie so maklik nie. Diepte en veelsydigheid is een van ons sterk punte, manne word in posisie geruil en geskuif en die spel gaan aan asof daar geen verandering plaas gevind het nie.

Met die tweede helfte konsolideer ons en lewer prag rugby uit die boonste rakke. Al die goed inge-oefende spel patrone bewys net weereens hoe aanpasbaar hierdie span is. Met nege minute van speeltyd oor begin die werk wat Pieties insit te wys. Ons eerste drie word gedruk, Ermelo antwoord met n verassings drie. Telling 10 -8. Vier minute later kry ons weer kans en maak dit 15 – 8. Nog drie minute oor en ons kuier weer agter die doelyn 22 – 8. Vir n finale telling.

Wat n slag.

Hulle het ons seer gemaak maar ons het die pakslae uitgedeel.

Vir ons manne (Leon & Nathan) wat in die hospitaal moes gaan draai vir operasies sê ons hele span, sterkte, word gou gesond, julle is in ons gebede en keer terug na julle trop toe as ware wille honde want ons hoort bymekaar soos n familie.

Congratulations also to our B team who overran their opponents with a score of 33 - 17.

O\14

The U/14 A rugby team wins 54-0 against Ermelo. The boys had a good game, they played as a team and they came out victorious. DC Kies was awarded man of the match, he scored one of the seven tries. The rest were scored by Hugo Meyer, Waric Harcombe , Gerrie Heyneke , Sbongakonke Zulu ,Buhle Thusi and Deacon Pretorius. Luco Van der Walt added 8 points to the scoreboard with his conversions aswell as Buhle Thusi who added 4 points for his conversions.The boys are now ready for their second league game against Standerton.

The U/14 B rugby team wins 12-0 against Ermelo. It was the boys first high school rugby game. They played with courage and determination and they did not give up trying. Gift Mdlalose and Shawn Meyer scored the 2 tries and Francois Visagie added 2 points to the scoreboard with his one conversion.

They boys were happy and they are now excited about their next league game against Standerton. Man of the match was awarded to the whole team as they played well together as a team.

NETBAL

Die netbalspanne vertrek op 6 Mei 2017 na Ermelo vir die Liga se eerste wedstryde.

Alle A-spanne het teen Hoȅrskool Ermelo en Hoȅrskool Evander te staan gekom, terwyl die B-spanne teen Ermelo kragte gemeet het.

Die uitslae van die spanne was soos volg:

Die O/14 A-span wen albei wedstryde, 18-3 teen Evander en 16- 6 teen EHS .

Die O/14 B-span wen 8-1 teen EHS. Angel Dlamini, Cayla Creydt en Rentia Paul is aangewys as spelers van die wedstryde.

Die O/15 A-span verloor 8-16 teen EHS maar wen teen Evander 20-3.

Die O/15B-span wen 9-3 teen EHS. Spelers van die wedstryde is Wernandi Swanepoel, San-marie Erasmus en Audrey Venter.

Die O/17 A-span wen oortuigend teen Evander 26-7 en wen ook teen EHS 17-10. Lethu Zulu en Chantelle Weber, is spelers van die onderskeie wedstryde.

Die O/17 B-span verloor ongelukkig teen EHS 3-14. Olwethu Phonela is as speler van die wedstryd aangewys.

Die Tweede span eindig gelykop 14-14 teen EHS. Thuli Mthetwa is speler van die wedstryd.

Die Eerste span spog met ‘n pragtige oorwinning van 55-8 teen Evander, maar verloor ongelukkig teen EHS 24-33. Spelers van die onderskeie wedstryde is Kwanele Nxumalo, Lara Jonker en Aneska Smit.

Die Wintersport liga het vir die meeste spanne op ‘n goeie noot begin.

Ons vertrou dat dit die begin van ‘n wonderlike seisoen gaan wees!

HOKKIE

HPR Hokkiemeisies gekies vir Mpumalanga hokkie span.

HPR is baie trots op die volgende meisies wat gekies is vir die Mpumalanga Hokkie spanne vir 2017. Baie geluk, ons hou julle dop en wens julle net die beste toe vir julle toere die komende vakansie.

Zuneldi Labuschage – 0/18 B

Ntokozo Dube - 0/18 B

Jenske de Villiers – 0/14 C

1ste Hokkie Meisies vs EHS

Op Saterdag, 6 Mei 2017, hardloop HPR op die veld teen EHS. Die meisies was gereed vir ‘n wedstryd wat nie net fisies maar ook emosioneel hard gaan wees.

EHS teken in die eerste paar minute ‘n doel aan en HPR besluit om met alles wat hulle het terug te veg. Na halftyd teken Ananja de Bruyn ‘n ongelooflike doel aan en die telling is 1-1.

Met net ‘n paar minute oor het EHS ongelukkig dit reg gekry om weer 4 keer die bal in ons kas te kry.

Ons verloor die wedstryd 5-1. Alhoewel die telling teen ons was het die meisies gewys dat daar baie meer in hulle steek, die meisies het nie een keer terug gestaan of moed op gegee nie.

Speler van die wedstryd – Sinalo Lubalo vir haar uitstekende verdediging!

Die 1ste span sal hierdie week weer hard voorberei vir ons volgende wedstryd teen Standerton.

Baie dankie vir almal se ondersteuning.

2de Hokkie vs Ermelo

Op Saterdag 6 Mei 2017 het Hoërskool Piet Retief teen Hoërskool Ermelo te staan gekom! Dit is gewoonlik ’n wedstryd waarna ons nie uitsien nie, aangesien EHS se hokkie baie sterk is! Ten spyte hiervan was dit hiérdie PUK 16 wenners se mooiste wedstryd vir die jaar sover! Na afloop van die wedstryd het EHS se afrigter vir die span kom sê hoe mooi hulle gespeel het en dat hulle onkant gevang is, want hulle het ons onderskat! Dit is verseker ’n pluimpie vir HPR! Dit het meer soos ’n tenniswedstryd gelyk, want die doele het heen en weer geklap. Die uitdrukking “We did’nt lose, we just ran out of time”, was nog nooit so waar nie! Ons verloor ongelukkig 3-4. Die doele is geskiet deur Isabella Klingenberg en Phiwo Nyawo. Spelers van die wedstryd was die doelwagter, Marita Prins en Cebo Nkosi.

Onder 15 A Hokkie

Die meisies het hul harte uit gespeel op 6 Mei 2017 teen Hoërskool Ermelo.

Dit was n naelbytende wedstryd. Teen halftyd was die telling 2-1 in Piet Retief se guns. Vroeg in die tweede helfte het Ermelo die telling geëwenaar. Die wedstryd eindig 2-2. Spelers van die wedstryd was Nontokozo Mnyakeni en Sne Simelane.

The girls can be very proud of their excellent performance on Saturday and we are looking forward to the game on Saturday against Standerton.

bottom of page