MIÉKE NEEM ONS OP ‘N WIEKEREIS
Ons skool se Junior Redenaarspan het ons hierdie jaar trots gemaak tydens die Interhoër Redenaarskompetisie. Miéke van der Walt en Moné du Plessis het brons medaljes gewen en Miéke het die trofee vir die Beste Taalgebruik gewen. En soos Nataniël tereg sê: “Elkeen van ons het die kans om op vlerke van die wind te gaan”.
Baie dankie aan ons Seniorspan, Armand Lombard en Elizna Stapelberg wat vir vyf jaar getroue diens aan ons skool se Redenaars gelewer het. Sterkte met julle tersiêre studies volgende jaar en ons glo julle gaan net so ‘n groot sukses daarvan maak soos ál ons skool se oud-Redenaars.
Ons dra graag die volgende woorde van Lize Beekman aan ons vier redenaars van 2017 op:
“Woorde het vlerke – en dae, weke, maande, tyd later kom lê jou woorde in my oor en dit vat aan my…”