top of page

UITSLAE HPR vs PIONIER

HPR vs PIONIER OP ONS TUISVELD

Na ‘n geseënde paar weke van swaar reën wat gesorg het vir ‘n paar keer se uitstel het die dag aangebreek waarop ons kragte gemeet het teen Pionier hier op ons tuisveld.

Dit was toe op die ou einde ‘n lekker warm dag en het die aksie op die sportvelde nie teleurgestel nie.

Ons voel jammer vir die eerste netbalspan wat verloor het maar ons weet dat almal somtyds ‘n afdag het en met hulle spogtellings van hierdie seisoen weet ons hulle gaan weer ‘n goeie wedstryd hê tydens die opkomende halfeindstryd volgende naweek. Altwee eerste hokkiespanne het gesorg vir baie goeie oorwinnings. Toe almal gedink het hulle kan ontspan het die eerste rugbyspan ons vermaak met ‘n aksiebelaaide oorwinning. Ons het almal langs die veld ons harte uitgeskree, tande gekners en toe daardie eindfluitjie geblaas het, het ons elkeen uit volle bors ons kreet kon skree.

Uitslae:

Netbal Uitslae:

o/14 wen 15-10

o/15 wen 25-15

o/16 verloor 16-19

2de verloor 15-20

1ste verloor 18-39

Hokkie

o/14 gelyk 0-0

o/15 gelyk 1-1

o/16 verloor 4-1

2de verloor 3-0

1ste wen 2-0

1ste Seuns wen 5-0

Rugby

o/14 wen 43-15

o/15 wen 36-0

o/16 wen 45-6

2de verloor 21-5

1ste wen 21-19

bottom of page