top of page

DIREKTEUR VAN HPR RUGBY

WELKOM MNR FANIE VERMAAK: DIREKTEUR VAN HPR RUGBY

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Mnr Fanie Vermaak as direkteur van HPR rugby by ons aangesluit het.

Interessante feite oor Mnr Vermaak: Hy is ‘n oud-skolier van HPR. Hy studeer regte en praktiseer 15 jaar as landdros tot vroeë aftrede.

DIREKTEUR VAN HPR RUGBY
Mnr Fanie Vermaak

Mnr Vermaak is reeds vir die afgelope veertig jaar intensief betrokke by rugby administrasie. Hy gaan met ons sy rugbykennis en -ervaring deel as Zoeloeland Uitvoerende bestuur, Laeveld president sowel as Pumas president.

Hy was die voorsitter van die Bulls Franchise vir twee jaar en dien op die Bulls direksie vir vyf jaar. As lid van die SA Rugby Uitvoerende Bestuur strek sy ampstermyn oor vyf jaar. Hy word ook verkies tot SA Rugby Direkteur vir vyf jaar.

Mnr Vermaak se visie vir HPR kan soos volg vervat word: Om deel te vorm van ‘n groep uitstaande afrigters waar spelers se vaardighede so ontwikkel word dat hulle optimaal onder druk kan presteer. Ons sien met verwagting uit na die verdere hoogtes wat ons rugby nog gaan bereik.




Comments


bottom of page